Jy sal nie nog so 'n onderwyser soos ek kry nie.
Ek het die gawe van vereenvoudiging ontvang.
Ek kan 'n olifant aan 'n mier verduidelik.
EK IS LIEF VIR WAT EK DOEN.
Die lewe is te kort om te mors op iets waaroor jy nie passievol is nie.
1) Jy onderrig my. Jy vertel my waar jy nou is en waar jy graag wil wees.
2) Ons begin met die basiese dinge, doen dan grammatika en eindig eers wanneer jy op jou gemak is.
3) Ons gebruik YouTube videos en ander hulpbronne om jou leerervaring in te kleur.
4) Jy sal die duisend mees gebruikte woorde in Afrikaans bemeester.
My manier van onderrig is soos volg: 1] Leer
2] Verstaan
3] Praat.
Hierdie geskied vanaf die begin tot die bittere einde.
Die twee belangrikste woorde wat jy moet beoefen is : Geniet en oefen.
Indien jy 'n klas moet kanselleer, verwittig my asseblief 12 ure voor die tyd.
Ek sal dieselfde aan my kant doen.
Tot ons weer gesels : Carpe Diem "Gryp die dag!"